Lot 1:   CCW 17-120 P

‘n Uitstekende bespierde kommersiële Poena bul.

Bo-gemiddelde speensyfers (111 Indeks, Speen Direk 17.3 en maternaal 6.2). Gebruik slegs op koeie.

Sy ouma was een van die beste basiskoeie wat ons in die kudde gehad het.

Lot 4:   CCW 16-118

Ons het die bul vir ‘n dekseisoen in die kudde gebruik en sien baie uit na sy kalwers. Hy het gemiddelde speensyfers en baie goeie groei in fase D.

Lot 3:   CCW 17-073

‘n Versbul met besonder goeie groei voor- en naspeen.

Hy het 61.1 % van sy moeder se gewig gespeen en

119 indeks gehad in fase D.

Lot 6:   CCW 17-061 P

‘n Baie goed gebalanseerde Poena bul met baie goeie speensyfers. Ek glo hierdie is die beste natuurlike poena wat ons nog geteel het en daarom behou ons een semengebruik. Ek glo hy het stoetpotensiaal.

Lot 7:   CCW 17-047

‘n Goed bespierde bul met besonderse lengte en uitstekende spier- en groeisyfers.

Ek sou hom net op koeie gebruik.

Lot 9:   CCW 17-051 P

‘n Poena bul met goeie bespiering wat ook op verse gebruik kan word.

Geteel uit ‘n baie vrugbare moederlyn.

Lot 10:   CCW 17-059 P

Hierdie Poena bul het uitstekende lengte en kom ook uit ‘n baie vrugbare moederlyn. Hy het ook baie goeie groei- en speensyfers.

lot 13:   CCW 17-085

‘n Mooi bespierde bul met baie goeie lengte en fase D

GDT (-118). Sy ma was ‘n vers en hy het 58.1 % van haar liggaamsgewig gespeen.

Hy kan self ook op verse gebruik word.

Lot 11:   CCW 17-037

‘n Poena bul met uitstekende lengte. Sy blup-syfer op speen direk is 17.7, 9 % bo rasgemiddeld. Gebruik slegs op koeie.

Lot 14:   CCW 18-014

‘n Jonger bul met uitstekende groeisyfers en bespiering. Hy is geteel uit baie goeie bloedlyne en ek glo dat hy goed sal kan doen in enige kudde – stoet ingesluit.

Lot 15:   CCW 17-041

‘n Versbul wat 55.4 % van sy moeder se liggaamsgewig gespeen het.

Lot 18:   CCW 17-069

‘n Versbul met bogemiddelde speen- en GDT-indekse. Hy het 59.2 % van sy moeder se liggaamsgewig gespeen.

Lot 21:   CCW 18-011 P

‘n Jong Poena bul uit ‘n baie vrugbare moederlyn. Vader en Moeder beide Poena’s.

Lot 17:   CCW 17-058

‘n Versbul wat 57 % van sy moeder se liggaamsgewig gespeen het en 114 GDT indeks in fase D gehad het.

Lot 19:   CCW 17-071

‘n Versbul met 109 GDT-indeks.

Lot 21:   CCW 17-040

‘n Versbul wat 50.6 % van sy moeder se liggaamsgewig gespeen het.

Lot 24:   CCW 18-017

‘n Jong bul met uitstekende groeisyfers. Kan dalk in toekoms op verse gebruik word. Ek sou hom eers in die eerste seisoen op koeie gebruik om seker te maak kalwers is klein genoeg.

Updated by Louis Cilliers